GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 8 VAN 10

Die berge

Wanneer ek my oë na die berge oplig, vind ek soveel vrede en innerlike krag deur net na hulle te staar. Om te dink daardie berge staan al daar van die begin van tyd af, en dit sal daar bly staan wanneer ons nie meer op hierdie aarde is nie.

Ten spyte van al die skoonheid, majesteit en krag wat die berge uitstraal, is dit tog nie daar waar ons ons hoop vind nie. Nee, ons hoop lê volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus Christus. Die psalmdigter sê in Psalm 121:3 dat God alleen sal verseker dat nie eens ons voete sal gly nie. Hy sal oor ons die wag hou, dag en nag, want God slaap nie. Hy is ons Beskermer.

Die Meester het ons belowe dat solank ons ons oë op Hom gerig hou, Hy ons sal help om die wedloop te voltooi. Hy sal ons van die Bose bewaar. Hy sal vir ons sorg.

Geniet gerus God se skepping, die berge en die heuwels, want dit is waarlik wonderbaarlik. Dit gee aan ons ’n kykie op die ongelooflik kunstige en kreatiewe God wat ons dien. 

Moet egter nooit vergeet nie dat ons hulp kom van die Here Jesus Christus alleen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za