GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 6 VAN 10

Moenie klippe gooi nie

Ons moet baie versigtig wees om nie ongenaakbaar teenoor ons medemens te wees nie. Vroeër was ons dwaas en ongehoorsaam en ons het net onsself tevrede gestel. Ons lewe het net om onsself en ons begeertes gedraai. Maar Jesus het ons hiervan gered en vir ons ’n nuwe lewe gegee. Hy het ons sondes vergewe en ons in nuwe mense verander (2 Kor. 5:17).

Die Here sê ons moet die grootste genade aan ons medemens bewys sodat hulle ook die ewige lewe in Jesus Christus sal vind. Deur ons voorbeeld sal hulle na Hom toe aangetrek word. Ons moet dit nooit vergeet nie. Laat ons dan dieselfde genade wat ons van die Here ontvang het na ander mense laat vloei, na almal wat in nood is en sukkel, na almal wat probeer om die regte pad te volg.

Die liefde van Christus wat ons vandag ervaar, is deel van ons lewe omdat God ons herinner dat ons deur genade alleen gered is. Ons verdien dit om hel toe te gaan, maar op grond van God se liefde is ons vrygemaak en gered. Laat ons dan nie onder die beheer van die Gees begin leef, maar later terugdraai na ons selfsugtige lewe nie. Dit is nie vir God aanvaarbaar nie. Laat ons vandag berou toon en die Here om vergifnis vra.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za