GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 3 VAN 10

Eenvoudige gehoorsaamheid

God se Woord bly altyd waar. Dit deurstaan alle seisoene: die storms van die lewe; die kalm tye van die lewe, die vure en die vloede. Die Bybel bly onwankelbaar staan; dit verander nooit en is altyd volkome relevant in alle situasies.

In vandag se vers sê Jesus dat niks in die Woord van God ooit sal verdwyn nie. Die Woord van God vertel ook vir ons van God se genade. Ek wil dit waag om te sê niemand verstaan genade so goed soos mense soos ek nie. Genade is onverdiende liefde en barmhartigheid en guns. Dit is wat ek van die Here ontvang het. Ek is ’n sondaar wat deur genade gered is. Ek is ten volle bewus daarvan, maar ek weet ook: As ek eers die waarheid van God deur sy Woord gehoor het, mag ek nie daaragter wegkruip nie. As ek ’n fout maak, moet ek dit bely en aangaan met my lewe. Ek mag nie doelbewus sonde doen terwyl ek weet dit is verkeerd nie; dan sal ek die gevolge moet dra.

Ons moet die Woord van God glo soos dit daar geskryf staan en daarvolgens leef. Dan sal ons gereken word as heilige mense. Die betekenis van heilig in hierdie sin is iemand wat eenvoudig gehoorsaam is aan God.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za