Sterk en VasberadeVoorbeeld

Sterk en Vasberade

DAG 1 VAN 4

Durf en Daad

Ons ken almal sterk mense met murg in hul pype. Ons bewonder hulle. Ons wens ons kon soos hulle wees. En tog kom ons dikwels op 'n slegte dag tot die gevolgtrekking dat krag en moed ons ewig sal ontwyk. Maar jy hoef nie moed te verloor en te dink: "Ag nouja, ek sal nooit ..."

Dit is heeltemal moontlik om in God te glo en tog swak, magteloos en bang te voel. Ek het op my rekenaar na die frase “moenie bang wees nie” in die Bybel gesoek. Wil jy weet hoeveel keer dit opduik? Vyf en sestig keer.

Dit sê vir ons iets, né. Soms is dít wat in ons hart aangaan, baie anders as wat ons mense toelaat om van buite af te sien. Maar dit maak nie saak wie jy is, of hoe ander mense jou sien nie — party dae gaan moeilik wees.

Toe Moses sterf, moes sy opvolger, Josua, die leierskap oor 'n miljoen van God se mense, wat veertig jaar deur die wildernis geswerf het, oorneem. Die volk staan op die punt om die Jordaanrivier oor te steek en hulle moet die Beloofde Land inneem.

Skrikwekkend? Ja-nee! Maar kyk wat God vir Josua sê:

Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” (Josua 1: 9).

Trouens, in die eerste nege verse van daardie boek sê God drie keer vir Josua dat hy sterk en moedig moet wees.

Maar op watter basis? Op grond waarvan gee God vir Josua hierdie opdrag om sterk en moedig te wees? Onthou, Josua staan voor ‘n groot uitdaging: hy moet die volk in lewensgevaarlike situasies en oorloë aanvoer, om die vyand se vestingstede aan te val.

“… want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Wat ‘n wonderlike belofte!


Vraag 1

Aan wie dink jy as jy dink aan sterk en moedige mense in jou lewe? Watter eienskappe bewonder jy in hulle?

Vraag 2

Voel jy ooit dat jy moet voorgee dat jy dapper is, as jy bang of moedeloos voel? Of voel jy dat krag en moed altyd 'n bietjie buite jou bereik is?

Vraag 3

Lees weer die verhaal van Josua in hoofstuk een. Hoe dink jy sou jy in sy situasie opgetree het?

Vraag 4

Mediteer oor God se belofte in Josua 1: 9. Sê hardop: “die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” Vra God om dit vandag in jou hart te bevestig.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Sterk en Vasberade

Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/