Sterk en VasberadeVoorbeeld

Sterk en Vasberade

DAG 2 VAN 4

Krag van Bo

Soveel van God se mense is uitgeput en moeg. Om Jesus te volg, is om teen die stroom op te swem. Dit is harde werk. Ons staar baie weerstand in die gesig. Maar God wil jou krag op ‘n kragdadige wyse vernuwe.

Een van die dinge wat ek geleer het, is dat ek nie oor die krag beskik om op my eie die lewe te lei wat God vir my begeer nie. Het jy ook al tot dieselfde besef gekom? Ons probeer ... en ons misluk.

Wat ons nodig het, is krag van Bo. En dit is presies wat Jesus in gedagte het.

As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. (Johannes 14: 15–17).

Net voordat Hy gekruisig is, het Jesus sy dissipels belowe dat Hy vir hulle 'n ander helper, 'n ander berader, 'n ander advokaat, 'n ander trooster ... een net soos Hy, sal stuur.

En nadat Hy uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar het, het Hy presies dit gedoen. Die Heilige Gees is uitgestort op hierdie treurige spulletjie vissers, tollenaars en diesulkes. En wat moes hulle doen? Hulle moes die prediking en die wonderwerke doen en leiding gee aan die duisende wat tot geloof in Christus gekom het ... maar hoe? Wel, hulle het krag van Bo ontvang — dieselfde krag wat hier en nou vir my en jou beskikbaar is.

Nou hoekom hou ons aan om dit alles in ons eie krag te probeer doen?

Onthou Jesus se belofte aan jou: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees."


Vraag 1

Voel dit vir jou asof jy teen die stroom op swem wanneer jy Jesus volg? Watter soort weerstand kry jy as jy elke dag jou geloof uitleef?

Vraag 2

Is daar spesifieke geleenthede of tye in die week wanneer jy uitgemergel en gedaan voel? Is daar 'n patroon wat jy kan identifiseer?

Vraag 3

Dieselfde krag wat die dissipels gevul het, is ook vir jou beskikbaar! Vra God om jou aan hierdie waarheid te herinner in oomblikke wanneer jy uitgemergel voel. 

Vraag 4

Bid en vra die Here om jou met sy Gees se teenwoordigheid en krag te vul. Vra Hom om jou in staat te stel om in sy krag te leef.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sterk en Vasberade

Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.

More

Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/