Sterk en VasberadeVoorbeeld
God, ons Veilige Vesting
Ons het na God gekyk as 'n bron van krag, en hoe tyd in sy teenwoordigheid ons nuwe moed kan gee en ons kan versterk vir die uitdagings van die gejaagde lewe.
Kan ek jou vra? Waarheen hardloop jy vir beskerming? Waarheen vlug jy op die dae wanneer dit voel asof die hele wêreld teen jou is — of wanneer jy in ‘n situasie is waar alles skielik versleg. Waarheen gaan jy vir beskerming teen ‘n storm?
Ons weet almal daar is tye in hierdie lewe wanneer ons beskerming benodig — tye wanneer ons verpletter word deur die las van ons probleme, en wanneer vyande ons van alle kante aanval.
In die ou dae het stede mure en vestings om hulle gehad. Dit was hul beskerming teen 'n vyandelike aanval. Dit het veiligheid en sekuriteit gegee.
Dit was in desperate omstandighede wat koning Dawid van Israel hierdie woorde oor God neergeskryf het:
Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense, Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies. Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. (Psalm 9: 9–10).
Dawid het baie vyande gehad. Sy lewe was dikwels in gevaar; van sy voorganger koning Saul, van vyandige magte van ander nasies en selfs van sy eie seun. Maar deur al die ontberings het hy ontdek dat geen mure wat hy ook al rondom Jerusalem kon bou, hom kon beskerm nie. Die ware vesting, die ware toevlugsoord, die ware beskerming, was God self.
Dit is waar. Soms word ons verpletter deur die las wat ons probleme op ons lê. Soms val vyande ons van alle kante aan, maar in daardie desperate tye is die Here jou toevlug. Die Here is die veilige plek waarheen jy kan hardloop. Die Here is jou beskerming.
En onthou: Hy sal jou nooit as te nimmer sonder hulp laat nie.
Dit is 'n waarheid wat jy beslis die Heilige Gees moet vra om op jou hart te skryf, want wie weet wanneer jy dit mag nodig kry?
Vraag 1
Lees weer Psalm 9. Help dit jou om te weet dat hierdie magtige man van God, 'n koning en vegter, ook oorweldig gevoel het? Hoe kan jy sy voorbeeld volg?
Vraag 2
Met watter probleme worstel jy tans? Gesondheidsprobleme, finansies of gesinskonflik?
Vraag 3
Noem hulle een-vir-een in gebed. Vertel vir Hom waarom jy met hulle sukkel. Gee dit vir jou hemelse Vader. Laat jou laste by sy voete.
Vraag 4
Bid saam met my: Here, U is my sterkte en my vesting. Help my om te glo dat U in tye van nood my veilige vesting is. Here, ek het meer van u wysheid, vrede en krag nodig. Help my om U opreg te volg en uit u krag te leef. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.
More
Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/