Sterk en VasberadeVoorbeeld
Tyd saam met God
Ons weet almal dat ons meer moet bid en ons Bybels meer moet lees. Hoe dikwels is dit al vir jou gesê en hoe skuldig het jy dan gevoel? Dit is goed en wel vir daardie leraar om dit te sê, maar hy het geen idee hoeveel hooie ek op my vurk het nie.
Ag nee, dit is al na tien. Ek sal nooit betyds klaar wees nie; dertig minute vir die vergadering, dan ry om my dogter te gaan haal en haar na haar netbal oefening te neem. Amper vergeet ek van die melk! Jacqui wil hê ek moet op pad huis toe ‘n bietjie melk koop ... goed; en hoe laat gaan ons vanaand uit? Ek moet haar maar eerder bel ...
Klink dit bekend? Dit lyk asof ons almal so baie te doen het. Dit is ongelooflik hoeveel dinge dag na dag ons tyd opneem. Dit is so erg dat ons hardloop om al hierdie dinge gedaan te kry.
Het jy al ooit sulke dae gehad waar jy die aand vir jouself afvra: "Wat het ek bereik?" Die meeste van die tyd is die antwoord: “Nie veel nie!”
Jy kan jou hele lewe so rondhardloop, of jy kan tyd maak vir meditasie en ontspanning.
Maar weet jy dat meditasie meer voordele inhou as blote ontspanning?
Wat sou kon gebeur as daar in daardie stiltetyd iemand daar was?
Dink net wat sou gebeur as meditasie 'n geestelike gesprek met God was oor allerhande dinge, oor vandag, môre, jou vreugdes en jou smarte?
Ek dink een van die kragtigste en positiefste veranderinge wat enigeen van ons ooit kan maak, is om elke dag 'n rustige tyd saam met God opsy te sit.
Kyk wat sê Psalm 46: 2: God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
As dit waar is, is dit dan nie sinvol om vandag 'n tydjie saam met Hom te spandeer om te hoor wat sy prioriteite is en ons harte gereed te maak om die dag aan te pak nie?
Wees stil. Weet in jou hart dat God, God is.
Vraag 1
Hoe gereeld kan jy in jou gejaagde lewe stop en tyd spandeer om aan jou verhouding met God te werk?
Vraag 2
Gejaagdheid, haastigheid, stres en angs laat ons uitgeput en hulpeloos voel. Watter eenvoudige stappe kan jy vandag neem om dinge ‘n bietjie rustiger te maak?
Vraag 3
Begin beplan om meer tyd saam met God deur te bring — selfs al is dit net tien minute per dag — om daardeur sterker en verkwik te word.
Vraag 4
Bid. Vra God se hulp om tyd saam met Hom deur te bring en om rustiger te leef, aan sy voete te sit en in sy krag te groei.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.
More
Ons wil graag Christianityworks bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://christianityworks.com/