Gemaak Vir …Voorbeeld

Gemaak Vir …

DAG 1 VAN 12

DAG 1

Ek het ʼn ruk gelede die geleentheid gehad om ʼn paar dae op ʼn boot deur te bring en dit was baie aangenaam. In die aand het ons van die see af ingekom en die meer in gevaar en 'n geskikte plek gesoek waar ons die aand kon anker gooi. Die geskikste plek wat ons kon kry was naby die kant van die meer, naby rotse. Dit was ook die gevaarlikste plek. Maar gelukkig, as jy ʼn baie sterk anker het, ʼn goeie anker wat stewig vassit, kan jy rustig gaan slaap.

Ons het ʼn anker nodig vir ons siele. Die anker wat jy vir jou siel nodig het, is belangriker as 'n boot s'n. Daar kom strome op ons pad, winde waai, storms kom, en as jou anker nie vas is nie, is dit lewensgevaarlik. Jesus sê vir ons wat die anker is: “Jou anker is my verhouding met jou en jou verhouding met My. As dit vas is, as jy kan hoor wat Ek vir jou sê, as jy my woorde aanvaar en jy pas dit in jou lewe toe, sal jy bly staan wanneer die storms van die lewe jou pad kruis.”

Ons moenie verbaas wees as daar storms kom nie, want Jesus het gesê dit kom. Ons hoef nie te vra wat fout is met ons nie. Dis hoe die lewe is. Die skrywer van Hebreërs sê ons het ʼn anker — Jesus — wat vas is, en wat vir ons veiligheid bring. Ons kan deur hierdie lewe gaan en enigiets trotseer as ons daardie anker het wat vas is.

Maak nie saak waar jy jouself vandag bevind nie, dalk is jy in ʼn groot lewensstorm en die uitnodiging is om aandag te skenk aan jou tou en anker en seker te maak dis vas, want jou lewe hang van jou verhoudinge af. Jy is net so gelukkig as wat jy in verhoudinge is. Jy kan nie staat maak op bankrekenings wie jy ken of wat jy in die lewe bereik het nie. Dis waar ons pyn lê. Dis waar ons genesing lê. Dis die aard van die lewe en dit is wat Genesis vir ons probeer sê en vir ons uitspel. Hoe werk die lewe? Wie is ons? Waaroor gaan dit? Die belangrike boodskap is dat ons deur Hom gemaak is. Ons het uit ʼn verhouding tot stand gekom, ons is vir ʼn verhouding gemaak en ons lewe in ʼn verhouding.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gemaak Vir …

Die lewe gaan om verhoudinge. Ons is geskape om in verhouding met God, ander en die wêreld om ons te leef. Ons wil daarom nader aan God beweeg en hegter verhoudinge bou.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/