Gemaak Vir …Voorbeeld

Gemaak Vir …

DAG 4 VAN 12

DAG 4

Die wonder van hierdie verhaal is dat God na die mens roep. Hy soek na hom. Hy sê nie vir hom dis verby nie. Al het hy wat ook al gedoen, dis die Here se verlange om ʼn verhouding met die mens te hê. Die Skrif sê: “Toe roep die Here God na hom. Hy vra vir hom: 'Waar is jy?'" En dis nie ʼn waar is jy fisiek nie — nie ons wat wegkruipertjie speel nie. Dis ook nie waar is jy psigies nie. Maar waar is jy vir My? Alles kan verander as jy by My uitkom en ons kan ʼn diep konneksie en verhouding hê.

Die vraag is dus, waar is jy? Waar is jy in jou verhouding en konneksie met God? Hoe lyk dit? Hoe gaan dit? Jy weet, ʼn verhouding is dinamies. Of dit is besig om beter te word, of dit is besig om agteruit te gaan. ʼn Verhouding staan nooit stil nie.

So is dit ook met God. Deur dinge met Hom te deel, maak jy jou hart vir Hom oop. Jy kan nie vir Hom raad gee nie. Hy is verskriklik slim. Hy weet in elk geval alles. Hy kan inkom, Hy kan deel word, jy kan rustig raak. Jy kan jou diepste wese met Hom deel wanneer jy begin om in 'n verhouding met Hom te leef.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Gemaak Vir …

Die lewe gaan om verhoudinge. Ons is geskape om in verhouding met God, ander en die wêreld om ons te leef. Ons wil daarom nader aan God beweeg en hegter verhoudinge bou.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/