Die Gewoonte van DankbaarheidVoorbeeld

The Habit of Gratitude

DAG 5 VAN 7

Vir 'n groot deel van my lewe was danksegging 'n een-keer-per-jaar aktiwiteit. Ek bedoel, as ek dit té gereeld doen, dan gaan danksegging net oor kalkoen en voetbal. Of hoe? Goed, ek sal dit nie (hardop) sê nie, maar ek leef dikwels deur danksegging as onbelangrik te beskou. Dankbaarheid moet egter elke dag en in elke tydperk beoefen word. Dit is 'n daad (om dankie te sê) en 'n gesindheid van (dankbaarheid) vir jou hele lewe.

Party dae is ons nie lus daarvoor nie. Wanneer ek moeg is, vlug dankbaarheid vinnig uit my geheue. Dit is ook wanneer ek heel waarskynlik sal brom en kla. Party dae is dit omdat ek makliker geïrriteerd raak, maar ander kere is dit net 'n moegheid wat die oë van die siel verdof. Die geestelike newel beweeg deur my liggaam en dankbaarheid lyk uitdagend. Dit sou makliker wees om te sê: “Nie vandag nie. Ek sal dit 'n ander keer doen.” Ek weet egter om danksegging uit te stel is soos om die wekker se slaapknoppie te druk. Om danksegging vandag uit te stel, maak dit makliker om dit môre glad nie te beoefen nie.

Dawid leer ons dat danksegging doelgerig gedoen moet word. Daar is genoeg redes om God daagliks te dank. Dit beteken nie dat ons altyd dankbaar voel of hierdie seëninge raaksien nie. Moenie toelaat dat jou gevoelens en ervaring beheer oorneem nie. Lei jou gevoelens deur jou hart te herinner aan redes om dankbaar te wees.

Aangesien ons nie altyd dankbaar voel of lus het om dankie te sê nie, is doelgerigtheid belangrik. Ons stel ons harte in deur ons gewoontes nuut op te lei. 'n Lewe van murmurering gaan nie dadelik weg nie, maar deur jouself te verbind tot daaglikse praktyke van danksegging, breek dankbaarheid ons klaende gees stapsgewys af. Met verloop van tyd verander die beoefening van danksegging in 'n gewoonte wat in ons 'n ingesteldheid van dankbaarheid vorm, eerder as 'n ingesteldheid om te murmureer.

Onthou, ons begin soos Dawid deur te kiés om elke dag dankie te sê. As dit lyk of dit nie maklik is om 'n dankbare persoon te word nie, begin dan net deur vandag, dan môre en die volgende dag dankie te sê. Beplan om dit elke dag te doen.

Moenie moedeloos word as dit aanvanklik moeilik is nie. Net soos enige oefenprogram, is dit die moeilikste om te begin en vol te hou. Voordat jy na die volgende ding in jou dag gaan, oorweeg twee dinge. Eerstens, vir watter vyf redes kan jy God nou dank? Tweedens, hoe kan jy 'n gewoonte van danksegging in jou daaglikse roetine inbou?

Daar is geen een-grootte-pas-almal plan vir danksegging nie, kies dus wat vir jou werk. Die sleutel is om doelgerig te wees. Kweek 'n ingesteldheid van dankbaarheid teenoor God deur te kies om elke dag danksegging aan God te beoefen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Habit of Gratitude

Hierdie 7-dag leesplan skets eenvoudige gewoontes wat jou tot 'n lewe van dankbaarheid kan lei. Of dit nou is om ons tonge te oefen om dankie te sê, of om daaglikse gewoontes van groter dankbaarheid aan te leer — hierdie leesplan sal jou bewustheid van die welwillendheid om jou 'n hupstoot gee en jou help om 'n lewe van dankbaarheid te lei.

More

Ons wil graag Moody Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.moodypublishers.com/the-grumblers-guide-to-giving-thanks/