Die Gewoonte van DankbaarheidVoorbeeld

The Habit of Gratitude

DAG 1 VAN 7

In die boek Romeine verwys Paulus na twee paaie waarop ons kan loop: dié van dankbaarheid of ondankbaarheid. Ons sal óf dankbaar óf ontevrede wees. Dit is nie bestemmings nie, maar dit is paaie wat ons treë na God toe of van Hom af weglei.

Romeine 1 is kenmerkend van die persoon wat ver van God af is deur 'n lewe van ondankbaarheid, vergeetagtigheid, afgodediens (aanbidding van valse gode) en ongehoorsaamheid, terwyl Paulus die godvrugtige persoon beskryf deur hulle lewens van dankbaarheid, onthouding, aanbidding en gehoorsaamheid.

Romeine 12 bou voort op die ryk teologie van verse 1-11 en gaan oor na hoe ons in die lig van God se verlossende genade moet lewe. Wanneer ons egter in meer diepte na Romeine 12 kyk, sien ons hoe Paulus sy woorde uit Romeine 1:18-23 aanhaal om die verskil tussen volgelinge van God (Romeine 12) en diegene wat God verwerp (Romeine 1) uit te wys. Danksegging is sentraal in hierdie vergelyking. Dankbaarheid lei tot verheerliking van God en om in godsaligheid te groei, terwyl ondankbaarheid onkunde oor God en afgodediens teen God tot gevolg het.

Regdeur die hele Bybel word mense wat God ignoreer deur hul ondankbaarheid, met afgodediens verbind, en dit vind plaas wanneer mense van God af wegdryf en valse gode volg. Om ondankbaar teenoor God te wees en God te vergeet, is dwaasheid en 'n Bybelse dwaas volg altyd 'n valse god.

Versuim om aan God dankbaarheid te betoon deur Hom te ignoreer, openbaar 'n duistere hart en dat die persoon in groter duisternis vasgevang is. 'n Lewe van ondankbaarheid dui daarop dat iemand die kennis van God ignoreer of verwerp. Harte wat vol murmurering, kritiek, klagtes en ondankbaarheid is, is nie vol dankbare vreugde in God en die evangelie nie. Hoe langer ons op die pad van ondankbaarheid loop, hoe verder dwaal ons van sy nabyheid af.

As Romeine 1 die dwaas voor ons plaas wat in ondankbaarheid wandel en van God af wegloop, help Romeine 12 ons om te sien hoe die volgelinge van God dankbaarheid kies as 'n weg van aanbidding en 'n pad na gehoorsaamheid.

Paulus se verwysing in hoofstuk 12 van 'n lewende offer is 'n daad van dankbaarheid. Dit is gebaseer op die dankoffer, of offerande, uit Israel se godsdienstige lewe en aanbidding (Levitikus 7:11-16). Die Ou Testamentiese dankoffer gaan oor na 'n lewende offer in die Nuwe Testament. Ons offer nie meer diere, graan of speserye nie. Ons bied onsself aan. Ons offer is nie iets wat dood is nie, maar wat lewend is. Dit is nie iets anders as ons nie; dit is onsself. Ons gee uitdrukking aan ons aanbidding deur 'n lewe van dankbaarheid, wat gehoorsaamheid aan God en vreugde in God insluit.

Daar is dus twee maniere om te lewe: in dankbaarheid of ondankbaarheid. Watter een ons ook al volg, sal ons na aan God bring of van Hom af verwyder.

Wat het jy van God? Watter seëninge het God jou gegee? Waar het Hy aan jou goedhartigheid, barmhartigheid, genade, liefde en getrouheid betoon? Deur watter beproewinge en stryde het Hy jou gedra? Wat het God jou geleer oor wie Hy is of wie jy in Christus is?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Habit of Gratitude

Hierdie 7-dag leesplan skets eenvoudige gewoontes wat jou tot 'n lewe van dankbaarheid kan lei. Of dit nou is om ons tonge te oefen om dankie te sê, of om daaglikse gewoontes van groter dankbaarheid aan te leer — hierdie leesplan sal jou bewustheid van die welwillendheid om jou 'n hupstoot gee en jou help om 'n lewe van dankbaarheid te lei.

More

Ons wil graag Moody Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.moodypublishers.com/the-grumblers-guide-to-giving-thanks/