Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 20 VAN 29

Sagaria se Lofsang

Lees: Lukas 1:57–80

SOAP: Lukas 1:76–79

“En jy, kindjie, 'n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak, om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes, danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”

Oordenking

Wat belowe is, was uiteindelik hier. God het belowe om aan Sagaria en Elisabet 'n seun te gee en toe Johannes gebore is, het Sagaria sy geloof in God se belofte getoon, deur gehoorsaam aan God se bevel, hom die naam te gee wat die engel beveel het. Dit was Sagaria se oomblik van verlossing en hy was deur vreugde oorweldig en het God geloof.

Wat belowe is, was uiteindelik hier. God het belowe om 'n Verlosser te stuur, die Messias, die Een wat die wêreld van sonde en dood sou red. God het ook belowe dat 'n voorloper sou kom wat die weg vir die Messias sou gereedmaak. Johannes was die beloofde boodskapper, die een wat die koms van die Messias sou aankondig en die mense tot inkeer sou roep.

Wat belowe is, was uiteindelik hier. Soos ons ons harte voorberei vir die viering van Christus se geboorte op Kersdag, onthou ons al die beloftes wat God aan ons gemaak het. Hy het belowe om te herstel, te vergewe en om sy genade oor ons uit te stort. Hy het deur sy Seun aan ons lig in die duisternis gebring. God het reeds sy belofte vervul om ons van sonde en dood te red, en Hy sal sy belofte vervul om as Koning terug te keer. Ons onthou waarvoor ons wag selfs terwyl ons sy eerste koms vier.

Wat belowe is, sal verseker vervul word. God hou sy beloftes. Hy het sy beloftes aan Sagaria en Elisabet vervul, selfs al het Sagaria getwyfel. Hy het sy belofte gehou om ons te red van sonde toe Hy aan die kruis gesterf het. Hy sal sy belofte hou om as Koning terug te keer en ons die ewige lewe gee. Dit maak nie saak wat ons vandag in die gesig staar nie, dit maak nie saak hoe ons omstandighede lyk nie, ons kan op al sy beloftes vertrou, wetende dat God getrou is en dat Hy ons liefhet.

Wat belowe is, sal verseker vervul word. Sagaria het stil gaan staan en God geloof toe Johannes gebore is. Hy het God se magtige hand gesien en hy het Hom geloof. Wanneer ons sien hoe God in ons lewens werk, selfs al is dit nie die presiese resultaat of uitkoms waarvoor ons gehoop het nie, mag ons mense wees wat sal stilstaan en Hom loof vir wat Hy doen en hoe Hy werk. Want Hy is altyd met ons en Hy is altyd besig om te herstel.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans