Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 22 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1.Hoe het jy in die verlede al gesien hoe God jou lewe of omstandighede herstel? Wat vra jy van Hom of wag jy vir Hom om vandag vir jou te doen? Hoe gee sy vorige getrouheid jou vreugde in jou huidige wagtydperk?

2.Wat wys Sefanja 3:17 vir ons oor God se komende herstel? Hoe kan jy vandag vreugde vind en sy goedheid verkondig?

3.Hoe het God guns aan Elisabet en Sagaria bewys? Hoe is hulle vreugde vermeerder tydens hulle wag? Hoe het God jou vreugde vermeerder in wagtydperke?

4.Skryf 'n kort lofgebed tot God. Verkondig die spesifieke maniere waarop Hy sy getrouheid in die laaste jaar geopenbaar het.

5.Voel jy oorweldig deur geluk en vreugde? Watter emosies oorweldig jou vandag? Hoe kan jy vreugde vind in die hoop wat jy in Christus het, selfs te midde van lyding?

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans