Begin nuutVoorbeeld

Begin nuut

DAG 2 VAN 7

Hy’s dáár; daarom kán jy aanbeweeg

Ná Moses is Josua aangewys om die volk verder te lei. En natuurlik was hy bang. Hy moes immers in groot spore volg, die leier wees van ’n moeilike klompie mense wat daagliks die woestyn moes trotseer. God ken Josua se hart lank voordat hy dit self kon uitspreek. Daarom verseker Hy hom: “Wees sterk. Vertrou My met alles in jou” (Josua 1:7, Die Boodskap) en: “Moenie vir iets of iemand skrik of bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou waar jy ook al gaan” (1:9, Die Boodskap).

Miskien is daar ook ’n klomp dinge in jou lewe wat jou bang maak vir die nuwe jaar. Dalk is dit nou die tyd om te onthou dat die Vader van goedheid jou vrese reeds ken, jou onsekerheid verstaan en jou verwagtinge en drome koester. Hy, die God wat jou uit genade ruimhartig en volkome liefhet, belowe honderde kere in sy Woord dat Hy by jou is … elke oomblik van elke dag.

Bid sommer nou: Ek erken vandag dat ek soms bang is: vir die toekoms, vir mense, vir U, Here. Hoe verkeerd kan ek wees! Want U ís dan my Genade-God, my Liefdes-maat, my Vergifnis-gewer, die Een wat my gered het, wat my altyd beskerm. Sê asseblief elke dag van die jaar vir my: “Moenie bang wees nie,” want soms, Here … ís ek.

Ek weet u genade omsluit my van alle kante. Ek weet dit, Here, maar help my om dit te gló. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Begin nuut

Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!

More

https://www.cumbooks.co.za