Begin nuutVoorbeeld

Begin nuut

DAG 3 VAN 7

Karakters (ook jy) kán verander

Dis onmoontlik om dieselfde te bly wanneer God jou lewe binnegestap het, die Verlosser jou van alles bevry het en die Gees jou met Homself gevul het. Want ons Here het ons lief soos ons is, maar te lief om ons te los soos ons is. Hy skud ons fondamente en bou nuwe mense met nuwe harte en ’n nuwe gesindheid.

Na die uitstorting van die Heilige Gees in Jerusalem was dit nie net die gebou waarin die gelowiges was wat geskud het nie; hul totale lewensuitkyk en manier van dink en doen het dramaties verander. Nou, lees ons:

  • was hulle één in hart en siel;
  • het niemand opgetree asof sy besittings sy eie was nie;
  • het hulle alles gedeel wat hulle gehad het; en
  • het nie een van hulle ’n tekort gehad nie.

Wanneer die Gees ons lewens verander, leef ons nie meer vir onsself nie, maar sien ons ander se behoeftes raak, wil ons onsself gee, wil ons uitdeel, troos, help … ’n verskil maak.

Kom ons laat toe dat God ons fondamente skud sodat ander iets van Hom in ons gee-, doen- en leefwêrelde sal sién, voel en beleef!

Here, U kan maar nuwe fondasies met my grawe, my nuut bou … my oormaak in baie dinge. Veral in die liefde. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Begin nuut

Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!

More

https://www.cumbooks.co.za