Begin nuutVoorbeeld

Begin nuut

DAG 7 VAN 7

Die laaste skuif

Jare gelede was daar in die beroemde Louvre-museum in Parys ’n skildery met die titel “Skaakmat”. Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak-opponent uittroon omdat hy sy teenstander se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as ’n jong man, sy kop gebuig in vernedering: hy’s verslaan en verslae. En die Satan lag oorwinnend. Daar is ’n paar skaakstukkies op die bord oor en die woord “Skaakmat” is oor die skildery geverf.

’n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by dié skaakspel. Vir lank staan hy na die prent en kyk. En toe begin hy skielik uitroep: “Dit is ’n leuen, dis ’n leuen!” Ander mense in die galery het kom kyk wat aangaan. “Wat is die leuen?” vra hulle terwyl hy die woorde bly skree. Toe die kurator van die museum opdaag, wil hy uiteraard weet: “Meneer, is hier ’n probleem?” Die man kyk die kurator in die oë en sê: “Ek is ’n eertydse Franse skaakkampioen en ek sê vir jou dit is ’n leuen! Die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie! Dis nie skaakmat nie. Die koning het nog ’n skuif!”

Onthou vandag: Niks is ooit finaal nie. Niks is ooit so sleg as wat dit lyk nie. Want … die Koning – jou Here – het altyd nog ’n skuif.

Hoe goed om te weet dat ek U – wat die laaste skuif het – aan my kant het.

Hierdie oordenkings is geneem uit JOU VOETPAD NA VREDE deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Begin nuut

Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!

More

https://www.cumbooks.co.za