Begin nuutVoorbeeld

Begin nuut

DAG 4 VAN 7

Spriete na die brand

Het jy al gesien hoe wonderlik ’n stuk aarde wat afgebrand het, weer nuut kan leef? Hoe die dapper groen spriete binne enkele weke weer die dood kan lewe gee? Hoe dit mooier as voorheen kan groei?

“Afgebrande” mense is ook so. Dis asof die seer en struikelblokke wat hulle te bowe moes kom hul karakter net sterker gekweek het en hulle met soveel meer begrip, deernis en aanvaarding teenoor ander leef. Miskien is dit omdat die swaarkry hulle gedwing het om ook eerlik na hulleself te kyk. Dalk omdat hulle geleer het om op die positiewe te fokus of omdat daar ’n ander vorm van dankbaarheid in hulle kom groei het. Of dalk omdat hulle in hul gestrooptheid kon leer om werklik weer afhanklik van hul Vader te leef.

Uit afgebrande tye – tye wanneer dit voel of die lewe jou gestroop het – kom daar altyd weer nuwe spriete van hoop, wysheid en goedheid. Meer nog: dikwels ook ’n dieper selfkennis, ’n gesonder mensekennis … ’n ryper Godsbegrip.

Vader, wanneer die lewe my brand, wil ek weer groei. Sterker en groener in u genade. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Begin nuut

Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!

More

https://www.cumbooks.co.za