Omvou deur GenadeVoorbeeld

Omvou deur Genade

DAG 2 VAN 5

“Sonde is nie jou baas nie”

Dis nie meer mode om oor sonde te praat nie. Tog is dit so ontsettend belangrik dat ons moet besef: As ons nie verlossing nodig gehad het nie, sou God nie ’n Verlosser gestuur het nie. As dit nie nodig was nie, waarom het Jesus gekom? Ons geloof sou flou en lagwekkend gewees het en dit sou meer sin gemaak het om by ’n sportklub aan te sluit.

Jy moet aan Jesus vasklou, want jy het Hom nodiger as die lug wat jy inasem. Hy hou genade in sy een hand vas en vryheid in sy ander hand. Genade sê Hy skuld jou niks, maar Hy noem jou in elk geval sy geliefde en bied vir jou vergifnis en die ewige lewe aan. Vryheid sê dat die sonde nie meer jou meester is nie. Jy is vrygemaak van sy greep. Vrygemaak sodat jy kan ophou om so hard te probeer en selfs nog harder te misluk, en Christus kan toelaat om deur jou te leef. Die gevolge van die sonde is dalk in alle rigtings oor jou lewe gespan, maar genade maak jou vry.

DINK NA: “Sonde is nie my meester nie.” Kan jy dit vandag ’n paar keer probeer sê vir sommige van jou ou gewoontes wat moeilik sterf?

GEBED: Jesus, slegs U is my Meester. U het die mag van die duisternis oor my gebreek. Help my om op te hou “Ja, meneer,” sê vir sonde. Amen.

Hierdie oordenking is geneem uit OMVOU DEUR GENADE deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Omvou deur Genade

God se verlossing bly die een aspek van ons geloofslewe wat ons met vreugde moet vul oor wat God vir ons gedoen het. Deur sy dood aan die kruis het Jesus Christus vir ons ’n tweede kans verdien. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Reyburn uit haar dagboek OMVOU DEUR GENADE. Sy deel met jou die wonder van God se verlossing en hoe dit ons lewe elke dag beïnvloed.

More

Ons wil graag Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/