Omvou deur GenadeVoorbeeld

Omvou deur Genade

DAG 4 VAN 5

“Christelike karma?”

Ons leef in ’n oorsaak-en-gevolg-wêreld. As jy hard leer, kry jy goeie punte. As jy saans uitglip, word jy gehok. Hele godsdienste is al rondom hierdie universele begrip ontwikkel.

Tog is dit juis wat Christenskap anders maak. Daar is geen oorsaak en gevolg betrokke by die verlossingswonderwerk nie. God het die natuurlike orde verbreek en iets radikaals gedoen deur sy Seun te stuur om die prys te betaal wat ons vir ons eie sondes moes betaal het. Hy het die oorsaak-en-gevolg-straf wat op ons gewag het, verwyder.

Ons leef egter steeds in ’n oorsaak-en-gevolg-wêreld. Hoe jy ander behandel, het ’n invloed op hoe jy behandel sal word. Natuurlik moet jy nooit bang gemaak word of gesus word deur die dreigement dat dít wat jy doen, na jou sal terugkom nie. Maar jou dade en reaksies beïnvloed ander, want hulle is die boumateriaal waarmee jy verhoudings bou. Bou dus met wysheid.

DINK NA: Wie het jy gister net so goed behandel as wat jy wil hê hulle jou moet behandel?

GEBED: Here, ek wil U verheerlik deur die manier waarop ek genade en goedheid aan ander bewys. Nie sodat ek die een of ander soort beloning kan kry nie, maar omdat dit vir U vreugde verskaf. Amen.

Hierdie oordenking is geneem uit OMVOU DEUR GENADE deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Omvou deur Genade

God se verlossing bly die een aspek van ons geloofslewe wat ons met vreugde moet vul oor wat God vir ons gedoen het. Deur sy dood aan die kruis het Jesus Christus vir ons ’n tweede kans verdien. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Reyburn uit haar dagboek OMVOU DEUR GENADE. Sy deel met jou die wonder van God se verlossing en hoe dit ons lewe elke dag beïnvloed.

More

Ons wil graag Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/