Omvou deur GenadeVoorbeeld

Omvou deur Genade

DAG 3 VAN 5

“Sieleveiling”

Die woord “loskoping” is nie eie aan die Christelike geloof nie. Dit het met slawerny te doen. ’n Slawehandelaar kon ’n slaaf loskoop – die slaaf “verlos” – en sy vryheid vir hom teruggee. Ons was slawe van die sonde en het nie die middele gehad om onsself los te koop nie. Jesus het egter die hoogste bod gemaak. Hy het met sy bloed vir ons betaal. Hy het ons losgekoop en ons vrygemaak.

Vir my is vryheid uiters belangrik; daarom gaan ek telkens terug na wat Jesus gesê het – dat die Woord ons sal vrymaak (Joh. 8:32). Vryheid wat uit die waarheid gebore is, sny die vreestoue wat dieper sny as ons gewrigte, tot in ons siel. Ons leef daardie vryheid uit deur die paradoks dat ons vir ewig aan Christus gebind is deur die volmaakte liefde wat vrees verdryf (1 Joh. 4:18).

Jy is vry omdat jy duur gekos het. Dis die evangelie.

DINK NA: Kan jy ’n lysie maak van al die maniere waarop jy vry is? Is daar volledige areas van jou lewe wat God teruggekoop – losgekoop – het vir jou beswil en tot sy heerlikheid?

GEBED: Here, dankie dat U my losgekoop het! Ek wil in u ondenkbare, onverdiende guns rus sodat ek nie deur sonde of godsdiens gebind sal word nie. Dankie dat u offer vir my my vir ewig aan U vasbind. Amen.

Hierdie oordenking is geneem uit OMVOU DEUR GENADE deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Omvou deur Genade

God se verlossing bly die een aspek van ons geloofslewe wat ons met vreugde moet vul oor wat God vir ons gedoen het. Deur sy dood aan die kruis het Jesus Christus vir ons ’n tweede kans verdien. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Reyburn uit haar dagboek OMVOU DEUR GENADE. Sy deel met jou die wonder van God se verlossing en hoe dit ons lewe elke dag beïnvloed.

More

Ons wil graag Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/