Omvou deur GenadeVoorbeeld

Omvou deur Genade

DAG 5 VAN 5

“Ja vir verandering!”

Hoe moeilik ongunstige verandering ook kan wees, dit is uiters belangrik om te onthou dat verandering God se wil vir jou is. Hy het jou verlos om jou te verander. Hy wil jou verander in die beste, mooiste weergawe van jouself: die jy wat soos Jesus lyk. Dis een van die verbluffendste geheimenisse van die geloof: dat God binne-in jou werk, jou neigings en begeertes verander, sodat jy soos Jesus wíl wees.

Hy gee ook nie net vir jou die wíl nie, maar ook die hóé. Hy rus jou toe met die krag van die Heilige Gees en wysheid uit die Woord en mense in jou gemeenskap wat vir jou omgee en jou aanmoedig. Jy het soveel rede om met opgewondenheid na jou toekoms uit te sien.

DINK NA: Hoe kan jy vandag die resultate van jou verlossing wys, met die wete dat jou gewilligheid en jou vermoë om dit te doen, geskenke van God is?

GEBED: Almagtige God, laat die veranderinge maar kom. Maak my pragtig anders – buitengewoon voortreflik – tot u eer. Amen.

Hierdie oordenking is geneem uit OMVOU DEUR GENADE deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Omvou deur Genade

God se verlossing bly die een aspek van ons geloofslewe wat ons met vreugde moet vul oor wat God vir ons gedoen het. Deur sy dood aan die kruis het Jesus Christus vir ons ’n tweede kans verdien. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur Suid-Afrikaanse skrywer Dalene Reyburn uit haar dagboek OMVOU DEUR GENADE. Sy deel met jou die wonder van God se verlossing en hoe dit ons lewe elke dag beïnvloed.

More

Ons wil graag Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/