In die Lig van Sy Genade Voorbeeld
“Hy sal jou weer kom soek”
In Jesaja 46:12-13 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) lees ons: “Luister na My, julle hardkoppiges, julle wat geen redding verdien nie. Ek laat die redding naderkom.” Hoe mooi stel die profeet God se woorde! Let op die twee pole: (1) die mense is hardkoppig en verdien nie redding nie, en (2) God red hulle daar uit Babilon en bring hulle terug na Israel toe.
Jy weet dat hierdie temas swaar gelaai is met betekenis deur die hele Bybel, nè? Die volk staan vir ons; Babilon staan vir die wêreld, ver van God af; Israel, die beloofde land, staan vir die lewe en die ewigheid met God – die hemelse Kanaän. Hulle verdien nie redding nie, want hulle is in die eerste plek in ballingskap oor hulle ongehoorsaamheid. Nógtans gaan haal die Here hulle daar uit. As ’n skaap afgedwaal het van die trop, is dit omdat hy afgedwaal het, nie waar nie? Nógtans los die Here alles en gaan soek hom.
So is dit ook met ons! Wat is die motief agter God se beweging na ons toe? Wat maak dat Hy ons nógtans kom red? Dit is genade, en die oorsprong van genade is God se liefde vir ons. Ja, God se hart brand van liefde vir ons. Hy wil ons nie los nie – Hy het ons te lief!
GEBED: Dankie, Here, vir u liefde! Amen.
BELOFTE VIR DIE DAG: Die Here verseker jou van sy liefde en BELOWE dat Hy jou sal kom haal, waar jy ook al afdwaal. Hy sal jou terugbring, al skop en spartel jy.
Hierdie oordenking is geneem uit IN DIE LIG VAN SY GENADE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God se beloftes dra ons en getuig van sy genade. Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in hierdie 5-dag-plan waar die fokus val op God se nimmereindigende genade. Die oordenkings is geneem uit Jimi se dagboek IN DIE LIG VAN SY GENADE en wys jou hoeveel wysheid en bemoediging daar opgesluit lê in die Bybelboek Jesaja.
More
Ons wil graag Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/