In die Lig van Sy Genade Voorbeeld

In die Lig van Sy Genade

DAG 3 VAN 5

“Sy trou wen jou ontrou”

Ek wil vandag ’n belangrike en mooi Bybelse waarheid aan jou oordra wat jou sal seën. Ek noem dit “die twee kringe van die verbond”.

In die Ou Testament het God in sy verbond met Israel sekere dinge van hulle geëis: getrouheid aan Hom, ’n opregte hart en gehoorsaamheid aan die wet. Dan sou Hy hulle seën. Dis die binneste kring van die verbond. Hulle kon nie daarby hou nie; daarom het hulle ook nie die seën ontvang nie. Dit eindig egter nie daar nie.

God is genadig en goed. Hy weet dat hulle menslik en gebroke is. Daarom kom Hy, soos in hierdie vers, en seën hulle nogtans. Sy liefde oortref sy straf. Dit is die buitenste, meer omvattende, kring van die verbond.

Die hele Nuwe Testament is deel van die buitenste kring van genade. Vat dit net, sê Hy. Vat jou vergifnis! Vat jou vryspraak! Vergeet van jou sonde en skuld en straf – Iemand het dit reeds betaal.

By God wen genade áltyd. Sy trou wen ons – jóú – ontrou.

GEBED: Dankie, Vader, vir u groot liefde en genade vir my. Dit laat my baie veilig voel by U. Amen.

BELOFTE VIR DIE DAG: God BELOWE dat sy genade groter is as sy wet. Sy liefde vir jou oortref sy straf. Dit alles is moontlik deur die kruis van Jesus.

Hierdie oordenking is geneem uit IN DIE LIG VAN SY GENADE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In die Lig van Sy Genade

God se beloftes dra ons en getuig van sy genade. Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in hierdie 5-dag-plan waar die fokus val op God se nimmereindigende genade. Die oordenkings is geneem uit Jimi se dagboek IN DIE LIG VAN SY GENADE en wys jou hoeveel wysheid en bemoediging daar opgesluit lê in die Bybelboek Jesaja.

More

Ons wil graag Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/