In die Lig van Sy Genade Voorbeeld
“Jy kan kom as jy dors is”
Jesaja 55:1 (Bybel in Afrikaans 1983/1992) sê: “Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.” Hierdie vers gaan oor veel meer as die Jode wat na ’n vrugbare Kanaän sal terugkeer. God rig ’n wonderlike uitnodiging aan die hele wêreld: Álmal wat dors is, moet na Hom toe kom en hulle dors kom les. Hý is die water van die lewe! Jesus Christus het dieselfde woorde uitgeroep op die tempelplein: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” (Joh 7:37, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Twee dinge is duidelik in hierdie woorde:
Die water is gratis, dit kos niks, dis genade. Trouens, ons woord “gratis” kom van die Griekse woord “chariti”, “deur genade”. Jy hoef God se liefde en genade nie te verdien of te verwerf nie. Daar is nie voorwaardes nie. Jy moet dit net kom haal.
Jy sal dit kom haal as jy dors is. Meer spesifiek, as jy weet dat jy dors is. Almal dors na God, maar baie besef dit nie. Daarom gaan soek hulle vervulling in geld, eer, mag, seks, plesier, besittings en vele meer, wat die dors nooit kan les nie.
Besef dat jou dors ’n dors na God is en kom haal! Kom haal Hóm.
GEBED: Here, my dors is na U! Gee aan my die lewende water. Amen.
BELOFTE VIR DIE DAG: As jy jou geestelike dors besef en na Jesus Christus kom, BELOWE Hy om dit vir jou te les. Jy sal by Hom tot in ewigheid nie weer ’n geestelike behoefte hê nie.
Hierdie oordenking is geneem uit IN DIE LIG VAN SY GENADE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Aangaande hierdie leesplan
God se beloftes dra ons en getuig van sy genade. Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in hierdie 5-dag-plan waar die fokus val op God se nimmereindigende genade. Die oordenkings is geneem uit Jimi se dagboek IN DIE LIG VAN SY GENADE en wys jou hoeveel wysheid en bemoediging daar opgesluit lê in die Bybelboek Jesaja.
More
Ons wil graag Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/