In die Lig van Sy Genade Voorbeeld

In die Lig van Sy Genade

DAG 5 VAN 5

“Jy is verlos, so kom”

Dis so wonderlik hoe God se inisiatief werk. Hy is nie ’n God wat wag dat die mens iets doen, en dan reageer Hy nie. Hy is nooit passief nie. Hy is altyd pro-aktief, Hy inisieer, Hy lei soos ’n ware leier. Die mens is die een wat altyd reageer – en dikwels nog verkeerd ook!

In Jesaja 44:21-22 herinner God sy volk: (1) Hy het hulle gemaak, (2) Hy het hulle nie verlaat nie, (3) Hy het hulle oortreding uitgewis en (4) Hy het hulle verlos. Nou sê Hy dat hulle – op grond van al hierdie gebeure – na Hom moet terugkeer.

Die boodskap vandag is eenvoudig. God het ons gemaak, gelei en gehelp. God het lank voor ons gebore is sy Seun tot ons gespreek as ’n Woord van genade en verlossing. Ek glo werklik dat die kruis die pad oopgemaak het vir elke mens om na God toe te kom – die uitnodiging en moontlikheid is vir almal. Ons moet dit net in geloof aanvaar.

God is al so lank met jou besig. Wanneer gaan jy kom?

GEBED: Ek kom, Here! Ek kom vandag weer na U toe. Amen.

BELOFTE VIR DIE DAG: As jy soos die Verlore Seun ver van die Vader af ronddwaal, moet jy net terugkom. Jy ken die pad! Hy BELOWE Hy sal jou met ope arms ontvang.

Hierdie oordenking is geneem uit IN DIE LIG VAN SY GENADE deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In die Lig van Sy Genade

God se beloftes dra ons en getuig van sy genade. Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in hierdie 5-dag-plan waar die fokus val op God se nimmereindigende genade. Die oordenkings is geneem uit Jimi se dagboek IN DIE LIG VAN SY GENADE en wys jou hoeveel wysheid en bemoediging daar opgesluit lê in die Bybelboek Jesaja.

More

Ons wil graag Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/