Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 11 VAN 29

Eensgesindheid in Christus

Lees: Romeine 15:1–6

SOAP: Romeine 15:5–6

En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

Oordenking

In die afsluiting van Paulus se brief aan die kerk in Rome, het hy hulle gelaat met ‘n paar belangrike instruksies wat hulle sou help terwyl hulle Christus volg, die evangelie deel en die kerk bou. Vandag se teksverse fokus daarop om te verseker dat daar eensgesindheid in Christus onder die gelowiges is, waar hulle hul sterkpunte gebruik het om mekaar se swakhede te versterk.

Paulus het vir die Roomse kerk – en vir ons – gesê dat ons ons naaste moet opbou. Dit beteken om ons bure, hul behoeftes en hul worstelinge te ken. Ken jy die name van jou vyf naaste bure? Weet jy in watter opsig hulle bemoediging die meeste benodig, of hoe jy Godgegewe gawes kan gebruik om hulle te help? Om 'n Bybelse gemeenskap in jou lewe te kweek, beteken om verder te gaan as oppervlakgesprekke, om doelbewus tyd saam deur te bring, mekaar te bemoedig en op te bou in God se Woord. Die beweegrede agter die kameraadskap is 'n liefde vir God, 'n liefde vir mekaar, en 'n begeerte om mekaar te help om in gehoorsaamheid en tot God se eer te leef.

Anders as die vroeë kerk aan wie Paulus geskryf het, word ons nie meer geografies in ons interaksie met ander beperk tot slegs diegene wat langsaan ons bly, wat saam met ons werk, of wat ons by die plaaslike fontein ontmoet nie. Ons ken dalk mense van regoor die wêreld en kan enige uur van die dag met hulle kontak maak, maar hoeveel mense ken ons werklik? Bybelse gemeenskap bly nie oppervlakkig nie, dit delf dieper. Kan jy diep en eerlik met diegene deel wat jy as jou naaste gemeenskap beskou?

God se plan vir ons is eensgesindheid in ons gemeenskappe, ‘n eenheid wat bewerkstellig word deur God saam te vereer en aanbid. Hierdie aanbidding vloei uit die vertroosting en bemoediging wat ons by mekaar ontvang soos ons die hoop wat ons in Jesus het deel en mekaar aan die beloftes van God se Woord herinner.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans