Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 13 VAN 29

Beter in Gemeenskap

Lees: Prediker 4:8–12

SOAP: Prediker 4:9–10

Twee vaar beter as een.

Hulle inspanning kom tot iets.

As die een val, kan die ander hom ophelp.

Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.

Oordenking

Alhoewel die boek Prediker geen historiese gebeurtenisse opteken nie, is dit 'n pragtig geskrewe gids van koning Salomo om ons te help om die slaggate en gevare van die lewe te navigeer. In ons Skriflesing vandag onthul Salomo hoe gemeenskap ons help om die regte motivering te handhaaf vir die werk wat God ons gegee het.

Ons kan besluit om te werk bloot om ryk te word, terwyl ons ons verhoudings met vriende en familie opsy skuif en afskeep. Maar diegene wat dít doen, is nooit vergenoegd nie. Hulle werk sonder ophou, sonder doel. Daar is niemand om die sukses mee te deel nie en niemand om jou te help wanneer jy faal nie. Familie is meer werd as rykdom. Dit verleen doel aan ons werk en voorsien kameraadskap om die moeilike tydperke meer draaglik te maak.

Wanneer ons in gemeenskap met ander is, kan ons meer bereik in ons werk, voorsien wat nodig is om ons lewe en gemak te onderhou, en mekaar teen teenstand ondersteun. Alhoewel dit makliker en vinniger mag lyk om op ons eie deur die lewe te probeer hardloop, sonder om vir iemand anders te hoef te wag, sal ons uitmis op die seëninge wat gepaardgaan met gemeenskap asook die geleenthede om te help en om gehelp te word langs die pad.

Wanneer dit by Bybelse gemeenskap kom, hoe meer hoe lekkerder! Trouens, ons teksvers vandag wys vir ons die voordele uit om selfs een ander eendersdenkende persoon in ons gemeenskap te hê. Die meeste van ons sal verheug wees om daardie een persoon in ons lewens te hê. Dit is ‘n wonderlike plek om te begin bid en om jou gemeenskap te begin bou. Ons Skriflesing vandag sluit egter af met ‘n herinnering dat drie persone selfs sterker is as twee. In die omgekeerde ekonomie van God se koninkryk, hoe meer mense ons in ons gemeenskap innooi, hoe sterker en meer effektief word ons in ons dissipelskap. Minder is nooit meer nie, want ons is beter in gemeenskap!

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans