Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
‘n Gesindheid van Nederigheid
Lees: Filippense 2:1–11
SOAP: Filippense 2:3–5
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.
Oordenking
Op Paulus se tweede sendingsreis het hy ‘n kerk in die dorpie Filippi gevestig. Hierdie kerk het diverse rasse, kulture en sosiale klasse ingesluit. Paulus het die brief wat ons vandag lees geskryf om die gelowiges daar aan te moedig om hul vreugde in Christus te vind, maak nie saak wat hul in die gesig staar nie. Om te strewe om soos Christus te wees bring vreugde, vervullling en vrede. Dit kan ook eenheid onder die mees diverse gemeenskappe bewerkstellig.
Diegene van ons wat God liefhet word geroep om eensgesind te wees in denke, liefde, gees en strewe. Ons moet mekaar hoër ag as onsself, ons trots en eie belange opsy skuif, en ‘n gesindheid en houding van nederigheid aanneem. Namate ons daarna streef om meer soos Christus te word, kan ons ‘n Bybelse gemeenskap van eensgesinde gelowiges bou terwyl ons mekaar aanspreeklik hou vir ons woorde, dade en optrede.
Jesus het die volste reg gehad om voor in die ry in te druk. Die Seun van God het al die gesagen mag gehad om enigiets te doen wat Hy wou sonder om enigiemand anders in ag te neem. Maar Jesus het nie gedoen wat mense verwag het van die Messias nie.Hy was liefdevol, behulpsaam en het ander by sy bediening ingenooi. Hy het sy wysheid vrylik gedeel en ander gehelp sonder om van hul te verwag of vir hul te vra om Hom op een of ander manier terug te betaal. In sy missie was Hy geensins besorg oor ‘n tekort nie. Jesus verlang dat soveel mense moontlik Hom as Verlosser aanneem, en Hy was bereid om ander se behoeftes voor sy eie te stel en sodoende sy liefde aan hul te bewys.
Net soos Jesus, moet ons nie net besorg wees oor onsself en die dinge wat ons eie lewens raak nie, maar ook die dinge waardeur ander gaan. Ons moet soos Christus optree, wat Homself verneder het, mens geword het, en vir ons sondes gesterf het. Hy het nie aanspraak gemaak op spesiale voorregte nie, maar het onder sy dissipels gewoon, saam met sondaars geëet en die verstotenes raakgesien. Ons gemak, opinies en trots sal nooit belangriker wees as om die mense wat God in ons lewens plaas, lief te hê en te eerbiedig nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans