Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 5 VAN 29

Bly in Hom

Lees: Johannes 15:1–5

SOAP Johannes 15:5

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Oordenking

Gemeenskap is nie eensydig nie. Wanneer ons in God bly — naby aan Hom bly, Hom vertrou, sy Woord lees, meer omtrent Hom leer, en so leef dat sy beeld na die wêreld om ons gereflekteer word — bly Hy in ons. God is met ons, nie omdat Hy as ons Skepper verplig is om dit te doen nie, maar omdat Hy ons liefhet.

Om in gemeenskap met God te wees, gaan gepaard met ongelooflike wonderlike seëninge. Trouens, ons kan nie vrug dra as ons nie aan die wingerdstok, Jesus, verbind is nie. As ons naby Jesus bly, sal goeie dinge soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (kyk Galasiërs 5:22–23) groei.

Takke wat van wingerdstokke of bome gesnoei word, kan egter vir niks anders as brandhout gebruik word nie. Net so is enigiets wat ons op ons eie sonder Jesus doen, nutteloos. Hoe vrugbaar ons lewens is, is ‘n regstreekse gevolg van ons verbondenheid met Jesus, nie iets wat ons kan doen nie. Die liefde wat ons teenoor ander openbaar, die vreugde wat ons ervaar, die vrede in ons harte, en die vriendelikheid wat ons betoon, is alles as gevolg van wat God in ons lewens doen en die eer kom Hom toe. Wanneer ons in gemeenskap met God leef, word ons van binne af na buite verander.

Daar is in hierdie voorbeeld ‘n gevoel van vrye wil, maar ook blywendheid in ons verhouding met Christus. Solank ons in Christus bly, sal ons baie vrug dra. Ons moet elke dag kies om by Hom te bly en van Hom afhanklik te wees. En wanneer ons dit doen, is Hy daar vir ons. Ons kies, deur gehoorsaamheid en liefde, om na aan Hom te groei, en uit daardie verhouding vloei die lewe. Wanneer ons in gemeenskap met God is, help dit ons om minder op onsself en meer op Hom te vertrou.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans