Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

DAG 8 VAN 29

Oordenkingsvrae:

Week 1—Gemaak vir Gemeenskap met God

1. Op grond van Genesis 1:27, na wie se beeld is ons geskape? Wat beteken dit in terme van ons verhouding met God? Hoe moet dit die manier waarop ons ander behandel, beïnvloed?

2. Hoe beïnvloed liefde vir God en gehoorsaamheid aan sy Woord ons verhouding met Hom, gebaseer op Johannes 14:15–23?

3. As ons lewens wil hê wat baie vrugte dra, wat moet ons, volgens Johannes 15:1–5, doen?

4. Watter belofte vind ons in Deuteronomium 31:6? Hoe moet hierdie belofte ons lewens beïnvloed? As gevolg van hierdie belofte, hoe moet ons lewe?

5. Gebaseer op Jesaja 41:13, het ons nie nodig om in vrees te lewe nie. Watter troos vind jy in hierdie vers? Hoe wys dit dat ons gemaak is vir gemeenskap met God?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld

Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans