Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Liefde en Gehoorsaamheid
Lees: Johannes 14:15–23
SOAP: Johannes 14:23
Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.”
Oordenking
As jy ‘n gesonde gemeenskap volgens ‘n resep kon bou, is liefde en gehoorsaamheid twee van die sleutelbestanddele wat in vandag se Skriflesing geopenbaar word. Liefde maak sin. Natuurlik wil ons verhoudings bou met mense wat ons liefhet en ons op hulle beurt liefhet. Maar watter invloed het gehoorsaamheid op hoe ons gemeenskap met God ervaar?
Jesus sê vir sy dissipels dat as hulle Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam, sal God die gawe van die Heilige Gees aan hulle gee om vir ewig by hulle te wees. Dis pragtig om te sien dat Jesus self, terwyl Hy die dissipels die gawe van gemeenskap belowe, dit doen in gemeenskap met God en die Heilige Gees. Ons is ook ontvangers van hierdie gawe en ons is nooit alleen nie.
As jy binne die konteks van gemeenskap seergekry het, hou moed. Die verhouding wat God met jou bou, is nie wisselvallig nie. Dit verander nie na gelang van die seisoene van die lewe, plek of belangstellings nie. Ons is altyd welkom om saam met God te wees omdat Hy ons eerste liefgehad het en steeds liefhet. Liefde vir Hom van ons kant is bloot ‘n reaksie op wat Jesus reeds vir ons gewys het: dat God alles al doen om seker te maak jy weet jy behoort aan Hom, selfs om sy eie Seun te stuur om aan die kruis te sterf. Ons word nie soos weeskinders agtergelaat of verstoot nie, maar ons leef nou met die Heilige Gees in ons terwyl ons wag om vir ewig saam met Jesus te wees.
Hoe wys ons vir Jesus dat ons Hom liefhet? Ons gehoorsaam sy opdragte. Dié wat aan God gehoorsaam is wys hulle liefde vir Hom, en dié wat Jesus liefhet word deur God liefgehê. Gehoorsaamheid is die bewys van ware liefde. Diegene wat vir God liefhet word ook deur Jesus liefgehê, en namate ons verhouding met Hom groei, openbaar Jesus Homself aan ons. Dit is ‘n wonderlike kringloop van Jesus ken, Hom liefhê, Hom gehoorsaam en Hom nog beter ken.
Gehoorsaamheid lei tot liefde, wat lei tot gemeenskap met God tot in ewigheid. Daar is ‘n woonplek by God in die hemel vir jou — vir ewig!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans