Wat is volgende: Studente UitgaweVoorbeeld

What's Next: Student Edition

DAG 3 VAN 7

Die Drie-eenheid

Die Drie-eenheid is ʼn konsep wat verwys na die persone van God. God is drie-in-een, een-in-drie. God is die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Al drie is God en God is al drie, Vader, Seun en Gees.

Die Vader is die toesighouer van die mensdom. Ons sien bewyse hiervan in die ganse Ou Testament van die Bybel. In die Nuwe Testament het God vanuit die Hemel gekom in die vorm van ʼn man, Jesus. Hy is die Seun van God. Jesus, die Seun van God, was ten volle mens en ten volle God. Hy was verantwoordelik daarvoor om aan die kruis vir ons sondes te sterf.  Die lewe van Jesus is in die evangelies opgeteken (die eerste vier boeke in die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes). Dan kom die derde persoon van God, die Heilige Gees. Wanneer ons aanvaar wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het, gee God die Vader vir ons die Heilige Gees, wat in ons kom woon. Die Heilige Gees is ons gids en vertrooster en tree vir ons in by God. Nadat Jesus gesterf het, opgewek is en teruggekeer het na die Hemel, is die Heilige Gees uitgestort in die eerste Kerk. (net na die evangelies in die Nuwe Testament).

Dit kan ʼn moeilike konsep wees om te verstaan. God is oneindig groot en kompleks en ons sal Hom nooit ten volle verstaan nie. Weet net: God die Vader waak oor jou, Jesus het vir jou gesterf en die Heilige Gees leef in jou en lei jou.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What's Next: Student Edition

Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur God se Woord neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church