Van Kersboom tot Boom van LeweVoorbeeld

Van Kersboom tot Boom van Lewe

DAG 1 VAN 7

Oor Kersbome ...

Die pragtig versierde Kersbome is deels wat Desember vir my so ’n kosbare maand maak. Daar is mense wat nie van Kersbome hou nie omdat dit uit heidense tradisies spruit. Tog is daar baie dinge waaroor ons in die Kerstyd praat en sing wat nooit regtig gebeur het nie soos byvoorbeeld die seuntjie met sy trom oor wie Boney M sing. Daar staan ook nêrens in die Skrif dat daar drie wyse manne was nie. Die Bybel praat net van “wyse manne” of “wyses”. Al wat ons vir seker weet, is dat hulle drie geskenke gebring het en daarom het die kerktradisie oor die eeue die “drie” by ons vasgelê. Daar kon twee gewees het of elf. Dalk het hulle almal hulle geld saamgegooi om die goud, wierook en mirre te koop.

Die essensiële Kerswaarheid is dat Jesus Christus, die Seun van God, as mens aarde toe gekom het. Hy het ’n sondelose lewe gelei, as sondaar gesterf en op die derde dag opgestaan uit die dood. Hy het opgevaar na die hemel. Hy heers in heerlikheid. Hy kom weer en ons sal eendag vir altyd by Hom wees.

’n Paar nie-essensiële idees oor Kersfees is dat Kersbome mooi is om na te kyk en dat Kersbome ’n heidense praktyk is. Hoe jy ook al daaroor voel, bepaal nie of jy verlos is of nie. Kom ons leer om verdraagsaam te wees en mense wat van ons verskil wanneer dit by sulke nie-essensiële dinge kom, te aanvaar. Kersfees gaan immers nie oor ons nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Van Kersboom tot Boom van Lewe

Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/