Van Kersboom tot Boom van LeweVoorbeeld

Van Kersboom tot Boom van Lewe

DAG 3 VAN 7

Boom van die lewe

Matthew Sleeth skryf: “Al die koolstof, yster, kalsium en ander elemente wat nodig is om ’n mens te vorm, sou maar ongeveer R84,80 kos as jy dit moes koop. Die beeld van God wat Adam uit die stof van die aarde skep, is dus nie net poëties nie, maar ook in die kol: Die mens is spotgoedkoop. ’n Mens se waarde word egter nie bepaal deur die elemente waaruit ons saamgestel is nie. Ons is kleipotte wat iets kosbaars bevat. Dit is die asem van die lewe wat God in ons blaas wat die verskil maak.”

’n Brongogram van die mens se asemhalingstelsel het die vorm van ’n kaal eikeboom, byna asof ons die boom van die lewe binne-in ons saamdra. Ons leer in Genesis 2 van hierdie boom en van die boom van kennis van goed en kwaad. God het die mens ook geskep met die vermoë om self te kies tussen goed en kwaad.

Mag elke Kersboom ons aan Jesus herinner, ons Boom van die lewe wat altyd daar is as ’n alternatief vir die houvas van sonde op ons lewe. Kom ons kies om ons waarde, vergifnis en vryheid in Hom te vier.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Van Kersboom tot Boom van Lewe

Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/