Van Kersboom tot Boom van LeweVoorbeeld
Goddelike versiering
Hoe wonderlik dat ’n boom wat genesing gee vir ons hoop bring in die laaste hoofstuk van die Bybel — en hierdie hoop weerklink deur die hele Woord. Matthew Sleeth skryf: “Die rede hoekom soveel mense van bome hou, is omdat ons na God se beeld gemaak is. God is lief vir bome en ons moet ook wees. God het met ’n rede al hierdie bome in die Skrif gesit. Hy het soveel simbole gehad waaruit Hy kon kies, maar Hy het besluit om bome te gebruik om die evangelie te verkondig.” Daar is nie genoeg spasie om elke boom wat in die Skrif genoem word hier te bespreek nie, maar gaan kyk gerus na die bome in die lewens van Noag, Moses, Isak, Elia, Saggeus en soveel ander. Jesus het gesê die koninkryk van God is soos ’n mosterdsaadjie wat ’n boom word. Hy het sy laaste oomblikke van vryheid voor sy kruisiging in gebed in ’n olyfboord deurgebring. By sy geboorte is Hy in ’n krip neergelê, wat uit ’n boom gemaak is. Hy het sy laaste asem aan ’n boom uitgeblaas. Ná sy opstanding is Jesus vir die tuinier aangesien. Dit was geen fout nie. Adam was die eerste tuinier en Jesus is die nuwe Adam wat die hele skepping nuut maak.
Paulus beskryf Christene as takke wat op Israel se stomp ingeënt is en diep wortels het wat ons staande hou wanneer probleme kom. En weer, aan die einde van Openbaring, net voordat Hy belowe dat Hy binnekort weer kom, verwys Jesus na Homself as die Wortel en Nakomeling van Dawid. Mag elke feestelike boom jou herinner aan die hoop wat ons in Christus het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/