Van Kersboom tot Boom van LeweVoorbeeld

Van Kersboom tot Boom van Lewe

DAG 6 VAN 7

Oral om ons

As ons ons Ewige Vader reg verstaan, is ons reg toegerus om Jesus te vier tydens Kersfees. Dit is wonderlik om te weet dat God die Vader oral om ons is: Hy is vir ons (Romeine 8:31) en by ons (Immanuel — Jesaja 7:14). Hy gaan voor ons uit (Deuteronomium 31:8). Hy sluit ons in van voor en van agter (Psalm 139:5) en onder ons is sy ewige arms (Deuteronomium 33:27). Hy is in ons (2 Korintiërs 4:7) en Sefanja 3:17 herinner ons dat Hy by ons is. Hy sing oor ons en Hy is altyd by ons (Psalm 16:8).

Vier hierdie Kersfees al die maniere waarop jou Ewige Vader om jou is. Jy word aan elke kant beskerm. Dit lyk dalk of jy deur probleme en vyande omring word, maar God beskerm jou aan alle kante. Jou Ewige Vader buig af na jou. Hy tel jou op. En uiteindelik is die boodskap van Kersfees dat Hy die duisternis deurbreek het om sy heerlike lig te laat skyn. En Hy het dit gedoen, want: “Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie” (Romeine 8:38-39 NLV).

Geseënde Kerstyd!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Van Kersboom tot Boom van Lewe

Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/