AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 10 VAN 29

Wees Lief vir God

Lees Matteus 22:34–40

SOAP Matteus 22:37–38

Oordenking

Ek weet daar is dae wanneer dit voel of ons wêreld teen 'n onstuitbare pas draai. Werkvergaderings, sportoefeninge en ons alledaagse doenlysies oorweldig ons dikwels, wat dit maklik maak om dít wat werklik saak maak, uit die oog te verloor. Tog, te midde van dit alles, roep Jesus ons tot 'n dieper verhouding met Hom en herinner ons dat die belangrikste gebod is om God lief te hê.

Hoe het ons God waarlik lief met ons hele hart, siel en verstand? Wel, ek dink dit is belangrik om te onthou dat om God lief te hê nie net 'n emosie is nie, maar eerder 'n verbintenis met Hom en toewyding aan Hom. Dit gaan daaroor om doelbewus 'n inniger verhouding met Hom na te streef en toe te laat dat sy liefde ons van binne en buite verander. Dit gaan daaroor om God lief te hê met alles wat ons het en alles wat ons is, selfs wanneer dit moeilik is. Dit beteken om ons vrese en onsekerhede aan Hom oor te gee, Hom toe te laat om ons toevlug en krag te wees en Hom te vertrou vir krag, eerder as om alles in ons eie beperkte krag te probeer doen. Dit beteken ook dat ons probeer om Hom te eer in alles wat ons doen, sy teenwoordigheid in elke oomblik te erken en 'n lewe van dankbaarheid te leef terwyl ons kies om sy vingerafdrukke op ons daaglikse aktiwiteite te sien.

Soos ons groei in ons liefde vir God, sal ons vind dat ons prioriteite begin verander. Die dinge wat so belangrik gelyk het, sal verdwyn in die lig van sy liefde. Ons sal vreugde en vrede vind te midde van ons omstandighede, want ons harte is in Hom geanker. God is getrou om jou te ontmoet net daar waar jy is en om die krag en genade te voorsien wat jy nodig het vir elke nuwe dag, sodat jy God heelhartig lief kan hê met jou lewe.

Gebed

Liewe Jesus, help ons om U lief te hê met ons hele hart, siel en verstand. Vul ons met u liefde sodat u liefde in elke area van ons lewens kan oorloop en ons lewens kan lei wat afgesonder is vir U en tot u eer. Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/