AfgesonderVoorbeeld
Liefde en Vergifnis
Lees Kolossense 3:12–17
SOAP Kolossense 3:12–13
Oordenking
Dit is geen geheim dat liefde en vergifnis twee noodsaaklike elemente in ons Christelike lewenswandel is nie. In vandag se wêreld is dit maklik om oorweldig te word deur die seer en teleurstellings wat ons daagliks beleef. Jy is egter nie alleen nie. Ons leef in 'n gebroke wêreld met gebroke mense wat ander gebroke mense seermaak. Ons het almal genade nodig en ons almal het Jesus nodig. En omdat Jesus ons vergewe het, kan ons hulle vergewe. Ek weet dit is moeilik. Ek weet jou pols versnel en die sweet tap jou af as jy net daaraan dink om daardie persoon te vergewe. Dit kan nie in jou eie krag gedoen word nie, maar dit kan in Syne. Vra Hom daarvoor. Wanneer ons ander kan vergewe en God se vergifnis vir onsself kan aanvaar, onderskei God se vergifnis ons en word die hoop op vergifnis aan 'n lydende wêreld gewys.
As vroue van God word ons geroep om sagmoedig, vriendelik, nederig en geduldig te wees. Maar die sleutelbestanddeel in hierdie Goddelike resep is vergifnis. Vergifnis is nie net 'n mooi idee of 'n voorstel nie; dit is 'n opdrag van ons hemelse Vader, gegee uit liefde vir ons eie beswil.
Vriende, ek weet om iemand te vergewe wat jou seergemaak het, kan ongelooflik moeilik wees. Ongelukkig sê ons menslike natuur vir ons om vas te hou aan wrok, woede en bitterheid. Maar dit is nie God se manier nie. Inteendeel, sy liefde verander ons en wys ons hoe om te vergewe en in daardie vergifnis die vryheid van sy genade te vind.
Wanneer ons kies om te vergewe, bevry ons onsself van die kettings van bitterheid en ervaar ons die vryheid wat voortspruit uit om in gehoorsaamheid aan God se Woord te wandel. Soos ons op hierdie pad loop, word ons verhoudings met ander sterker en meer eg. Ons word meer soos Jesus en weerspieël sy liefde en genade aan 'n wêreld wat dit broodnodig het.
Gebed
Liewe Jesus, help ons om vergifnis en liefde met ope arms aan te neem omdat U ons liefgehad en vergewe het. Leer ons om die seer van die verlede te laat gaan en te wandel in die vryheid wat u genade bied. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/