Prioriteit nommer éénVoorbeeld
Waarom bid ons so min?
Ons wéét God luister na ons gebede en ons het al geleer dat Hy wonderbaarlik op die roepstem van sy kinders antwoord. Tog bid ons so min. Soms gaan daar weke, dae, ure verby sonder dat ons régtig tyd inruim om behoorlik aan sy voete te sit. Ja, ons skuif so maklik ons Vader uit ons lewens uit.
Ons bid so min omdat ons ons wêreld so propvol pak! Ons is so besig met ons werk, TV-kyk, sport, ons huishouding en ons gewone lewens, dat daar eenvoudig nie tyd vir Hom is nie. En dan wonder ons waarom ons so onvergenoegd voel.
Gebed is nooit tydmors nie! Wanneer ons bid, sal ons vind dat ons meer tyd wen juis omdat ons Vader op wonderlike maniere antwoorde, oplossings, rigting en leiding aan ons gee. Meer nog, ervaar ons vrede omdat ons alles saam met Hom – die almagtige Heer van die heelal – doen.
Kom ons maak gebed prioriteit nommer één in ons lewens en pas ons lewenswyse so aan dat ons eenvoudig méér tyd inruim om voor sy troon te verskyn.
Gebed kan jou, jou gesin, die omgewing waarin jy leef, ons land en die wêreld, radikaal verander!
Heer van my lewe, laat my meer dikwels stil word in u teenwoordigheid. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed prioriteit nommer één in jou lewe te maak en jou lewenswyse so aan te pas dat jy eenvoudig tyd máák om voor sy troon te verskyn, want JY het dit nodig!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/