Prioriteit nommer éénVoorbeeld

Prioriteit nommer één

DAG 3 VAN 7

“Ek bid nie omdat … ”

Daar is só baie redes waarom ons soms sukkel om ’n lewendige gebedslewe te handhaaf. Afgesien daarvan dat die wêreld ons in sy maalkolk van besigwees vasvang, het ons ook in ons moderne geriefsbestaan geleer om sonder gebed klaar te kom. Dinge is eenvoudig so maklik dat dit mos nie “nodig” is om ’n aktiewe gebedslewe te handhaaf nie. Boonop het ons mensdom in hierdie moderne eeu met al die tegnologie en ontwikkelingswonders arrogant geraak oor ons eie vermoëns. Ons begin glo dat die dinge wat ons tot dusver reggekry het, ons min of meer op ons eie gedoen het.

Hoe naïef en kortsigtig kan ons wees! Hoeveel méér kon ons nie al reggekry het as ons dit op ons knieë gedoen het nie! Hoe meer ons onsself in die krag van ons Vader verloor, hoe meer sal ons ervaar hoe ons beter, wyser en meer liefdevol word. Ons sal beleef hoe ons verhoudings verbeter, ons besluite geseën word en sy genade daagliks in ons lewens toeneem. Ons sal ervaar hoe sy seën ons van alle kante af omvou!

Gebed is die noodsaaklike suurstof van jou siel. Hoe meer gebedsuurstof jy inasem, hoe meer sal jy ervaar hoe sterk jy régtig kan wees!

Hier is ek, Gees van God, hoor my, praat met my, wees bý my, asseblief. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Prioriteit nommer één

Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed prioriteit nommer één in jou lewe te maak en jou lewenswyse so aan te pas dat jy eenvoudig tyd máák om voor sy troon te verskyn, want JY het dit nodig!

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/