Prioriteit nommer éénVoorbeeld
Wéés net by Hom
Ons leef in ’n kultuur waarin ons “sterk” moet wees. Daar word van ons verwag om alles wat oor ons pad kom te hanteer. Daarom glo ons ook dat ons onafhanklik kán leef; dat ons niemand en niks nodig het nie. Om daardie rede is dit vir ons so moeilik om in totale afhanklikheid van ons Vader te leef.
Die Woord van God leer ons egter iets heeltemal anders. Op vele plekke in die Bybel sê ons Here vir ons dat ons by Hom nie in beheer hoef te bly nie, maar dat ons by Hom maar net kan wéés! Om ons lewende God te vertrou beteken dat ons onsself met oortuiging in sy hande plaas in dié wete dat Hy ons altyd in sy groot genade-arms wil toevou en ons met sy liefde wil bederf. Opregte gebed wat in vertroue gebid word, plaas jou reg voor die troon van God. Daarom kan eerlike hartsgebede berge versit, enigiets verander, mense se harte vernuwe en ’n gees van vrede skep.
Kom ons kniel vandag en elke dag van ons lewens met oortuigde geloof voor ons Vader in dié wete dat Hy groter as al ons probleme is, al ons swakhede op Hom kan neem en aan ons ’n toekoms wil gee: ’n Toekoms met ’n verwagting.
Hemelse Vader, hier is ek: swak, onkundig en bang op my eie, maar sterk, vol wysheid en in vertroue saam met U. Amen.
Hierdie oordenkings is geneem uit LAAT SY LIEFDE JOU LEI deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons besige wêreld en die illusie dat ons sonder gebed kan klaarkom, is van die grootste redes waarom ons sukkel om gereeld en aktief te bid. Gebed is egter nooit tydmors nie! Milanie Vosloo wil jou aanmoedig om gebed prioriteit nommer één in jou lewe te maak en jou lewenswyse so aan te pas dat jy eenvoudig tyd máák om voor sy troon te verskyn, want JY het dit nodig!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/