Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van DissipelskapVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en
vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is nommer 8 in ‘n reeks van 25 leesplanne.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle
daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat
dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor die prys van dissipelskap

Skrifgedeeltes: Luks 9:57-62 en Lukas 14:25-33

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my sê uit hierdie spesifieke Skrifgedeeltes en hoe moet ek gehoorsaam wees op grond van hierdie gedeeltes?

Besin oor hierdie twee Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ek van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself — wie Hy is, sy karakter, werke, bevele en beloftes — aan my?)

2. Wat leer ek van myself/ander mense uit hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeeltes? Sluit dit byvoorbeeld in om te vergewe, te groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ek dit wat ek in hierdie gedeeltes ontdek het, integreer in my lewe? (Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeeltes?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Lukas 9:57-62 en Lukas 14:25-33 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet jy daarop reageer. Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van wat jy geleer het uit hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense rondom jou? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap

Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/