Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van DissipelskapVoorbeeld
Die evangelie is radikaal
"So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie" (Lukas 14:33).
"Toe het Hy vir almal gesê: 'As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou'" (Lukas 9:23-24).
Hierdie woorde van Jesus is radikaal en ekstreem. Maar die saak wat ter sprake is, is ook radikaal en ekstreem. Dit handel oor die ewige lewe en ewige dood, die heerlikheid van God, 'n boodskap wat hoop en genesing kan en sal bring waar dit ook al verkondig word.
‘n Kerkleier: "Ek het 'n diep begeerte om na die nasies te gaan. Maar ek het vier dogtertjies en ek kan hulle nie neem na 'n gevaarlike situasie met hoë risiko's en onsekerheid nie." Sy woorde trek 'n streep deur sy boodskap en maak dit kragteloos. Niemand het geglo dat hy die erns en koste van wat dit beteken om 'n volgeling van Jesus te wees verstaan nie.
Die koste weeg nie swaarder as die wins nie!
Paulus het gesê: "Maar wat eers vir my ’n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry" (Filippense 3:7-8).
Lees ook wat Paulus in 2 Korintiërs 4:7-12 en 2 Korintiërs 6:1-10 skryf.
Vir Christene vergelyk niks met "hierdie skat" wat ons in ons het en die voorreg en verantwoordelikheid om "hierdie skat" na ander mense te neem nie.
Jesus vra alles, maar Hy het reeds alles gegee.
Gehoorsaamheid: Wat sou vir jou te moeilik wees om op te gee indien Jesus dit sou vra?
Aangaande hierdie leesplan
Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/