Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van DissipelskapVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap

DAG 5 VAN 6

Martelare deur die eeue

"Onthou wat Ek vir julle gesê het: ’'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie.' As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle My woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem" (Johannes 15:20).

"Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie" (1 Petrus 4:12).

"Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom" (Handelinge 14:22).

"Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word" (2 Timoteus 3:12).

Gedurende die afgelope 2000 jaar het die kerk onbeskryflike vervolging gely. In die eerste 300 jaar na Christus was daar tien periodes van intense vervolging aan die hand van die Romeinse Ryk. In daardie periodes is daar soms honderde duisende Christene doodgemaak. Sedert die 7de eeu is miljoene Christene op die gruwelikste maniere deur Moslems vermoor. Dit gaan vandag onverpoosd voort. ‘n Derde groot vervolger van Christene was kommunisme. Ontelbare miljoene Christene is ingesluit by die meer as 105 miljoen mense wat reeds onder kommunisme gesterf het.

As jy iets wil verstaan van die vervolging van Christene deur die eeue, lees Foxe’s Book of Martyrs. Dit bevat verslae van vervolging gedurende die eerste 1563 jaar van die kerkgeskiedenis. Alle Christene moet hierdie boek minstens een keer in hulle leeftyd lees.

Jesus het gesê daar sal 'n tyd kom wanneer mense sy volgelinge sal doodmaak omdat hulle sal dink hulle dien God. Jesus het gesê: "Hierdie dinge sê Ek vir julle sodat julle nie afvallig word nie. Die mense sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom selfs ’n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy ’n diens aan God bewys" (Johannes 16:1-2).

Gehoorsaamheid: Is jy bereid om Jesus te volg ongeag die gevolge?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap

Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/