Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van DissipelskapVoorbeeld
Die koste van dissipelskap
"Dat ons ter wille van ons geloof vervolg sal word, staan vas. Dit weet julle" (1 Tessalonisense 3:3).
"Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly" (Handelinge 9:16).
Lees die gelykenis oor die koste van dissipelskap in Lukas 14:25-33.
As 'n opdrag van 'n aardse koning as 'n eer beskou word, hoe kan 'n opdrag van die Hemelse Koning as 'n offer beskou word? (David Livingstone).
Verlossing is gratis, maar dissipelskap kos jou jou lewe (Dietrich Bonhoeffer).
Christus eis die eerste plek in alles in jou lewe. Jy moet ook na Christus toe kom met die besef dat jy 'n prys sal moet betaal (Billy Graham).
Jesus het sy dissipels drie dinge belowe — dat hulle heeltemal vreesloos, absurd gelukkig en in voortdurende moeilikheid sou wees (G.K. Chesterton).
Die grootste bedreiging vir die kerk vandag is aanhangers wat hulleself Christene noem, maar nie eintlik belangstel om Christus te volg nie. Hulle wil naby genoeg aan Jesus wees om al die voordele te kry, maar nie so naby dat dit enigiets van hulle vereis nie (Kyle Idleman).
Gehoorsaamheid: Vervolging is nie iets wat die wêreld ooit sal verstaan nie. Hulle kan nie geestelike dinge onderskei nie. Maar as Christene moet ons nie wegskram van vervolging nie. Vir Christene is vervolging (die koste om Jesus te volg) so normaal soos asemhaal. Die vraag is: Kos jou navolging van Christus jou enigiets?
Belangrik: Skryf die name van enige 10 mense neer — ongeag of hulle Christene is of nie. Wy 'n paar minute aan voorbidding vir hulle.
Aangaande hierdie leesplan
Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/