21 Dae GebedVoorbeeld
Ons dink dikwels aan onsself as presteerders, opvoeders, professioneel, suksesvol, ens. Maar op die die diepste vlak is ons almal maar eenvoudig besig om onsself om die bos te lei. Op die ou einde van die dag is wat ons het dit wat ons van God ontvang het en dit wat ons bereik het deur sy vermoë wat in en deur ons werk.
Martin Luther het gesê: "Ons is almal maar net bedelaars". Dit is waar. Twee dae later is hy oorlede. Martin Luther het meer in sy lewe vermag as wat van enige mense verwag kan word. Hy is aangeteken in die geskiedenisboeke en het die peil van die mensdom verander. Selfs Martin Luther was terdeë bewus daarvan dat ons almal volkome van God afhanklik is.
Die wete bring 'n baie belangrike toepassing tot ons gebedslewe. God is die een wat voorsien wat ons vra en ontvang. God is die skepper van alle dinge en ons is van Hom afhanklik. Hy is Here en heerser oor die heelal. Alhoewel ons na sy beeld gemaak is en vir Hom waardevol is, is ons maar klein en nietig in vergelyking met Hom.
Hierdie perspektief bring ons in die posisie waar ons juis van God kan ontvang. Ons erkenning van hoe afhanklik ons van Hom is, plaas ons in die posisie om van Hom te kan ontvang en ook om deur Hom gebruik te kan word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/