21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 7 VAN 21

Wanneer iemand sê: "... daardie is 'n man van sy woord ..." beteken dit dat die persoon kan vertrou word om sy woord gestand te doen. Dit is iemand wat betroubaar is. Nog 'n stap verder sal wees om iemand so te beskryf wat altyd sy of haar beloftes nakom, iemand op wie jy altyd kan reken.

God is so verbind aan sy Woord dat Hy dikwels in die Bybel verpersoonlik word, die "Woord" as God Homself. Dink maar aan die voorstelling van Jesus as die "Woord van God" in Johannes 1. God doen sy Woord altyd gestand. Hy kan vertrou word.

Maar nog meer as dit, God word dikwels geloof omdat Hy sy beloftes nakom. God vervul altyd sy beloftes. Dit is interessant dat wanneer ook al daar 'n verhaal is van God wat sy beloftes nakom, dink maar aan Josua 23, dan was daar in die aanloop van die erkenning 'n oomblik gewees wat dit vir mense gelyk het of dit nie kan of sal gebeur nie. Maar dan sien ons net weer, God kom altyd sy beloftes na!

Dit gebeur dalk nie altyd op die wyse of die tydstip wat ons dit graag sou wou sien gebeur nie, maar uiteindelik sien ons dat God elkeen van sy beloftes nakom. God kan vertrou word! Hy moet geprys word!

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/