21 Dae GebedVoorbeeld
In Eksodus 3 roep God vir Moses vanuit 'n brandende bos. Nadat Moses met God ontmoet en deur Hom gestuur word, vra Moses vir God: “... wie moet ek sê het my gestuur?” God antwoord: "EK IS WIE EK IS" (Eksodus 3:14).
God is perfek. Hy is in alle opsigte anders as enige iets hier op aarde. God is selfonderhoudend. Dit beteken onder andere dat God die enigste wese is wat bestaan wat nie die rede vir sy bestaan of ontstaan buite Homself het nie. Hy hoef Homself sekerlik nie aan ons te verduidelik nie.
Tog stel God Homself voor, eers in Eksodus 3 aan Moses, maar dan, soos wat Moses se kennis van God groei, soos sy verhouding met die Here ontwikkel, soos hy hongerder word vir die Here, stel God Homself progressief meer bekend. Aanvanklik is Hy "EK IS", dan deur die verloop van Eksodus word Hy "Here" (Jehovah) en dan uiteindelik maak God sy wese aan Moses bekend. Dit gebeur nogal kort voor Moses se afsterwe, wat dalk 'n aanduiding is dat jy die Here kan dien en nog altyd meer van Hom kan leer en Hom beter kan leer ken.
Die uiteindelike self-openbaring van God het 'n verrassing. Die verrassing is dat die wese van God — "wat" God is, sy almag, ewigheid, ens. bekend gemaak word. Maar nie net dit nie. God se karakter word ook nou bekend gemaak, met ander woorde Moses het nou kennis van wat God is en dis belangriker as wie Hy is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/