21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 5 VAN 21

God is 'n persoon. Hy is nie 'n onpersoonlike mag of wese nie. Hy stel Homself voor en reageer as Ek en soms Ons en Hy spreek mense aan as jy. God is natuurlik nie 'n persoon in die menslike beperkte idee van persoon nie, maar Hy is persoonlik. Dit klink baie basies, maar dit is 'n kerngedagte in ons begrip van God. God is 'n persoon!

God as persoon (nie gebroke of onvolmaak soos mense nie), dink, voel, reageer, doen, ens. Om met God ’n verhouding te kan hê is werklik dit — ‘n verhouding.

God is almagtig, ewig, alomteenwoordig, onafhanklik van alles wat geskep is, maar Hy is ook 'n persoon. Die waarheid, dat God 'n persoon is, beteken Hy kan hier wees in 'n ander sin as maar net sy alomteenwoordigheid. 'n Persoon kan persoonlik teenwoordig wees soos wanneer jy 'n vriend se nabyheid en omgee beleef in nood of pyn.

Die waarheid dat God 'n persoon is, het ook 'n ander baie belangrike toepassing: omdat God 'n persoon is, kan en wil Hy kommunikeer. Persoonlike wesens gebruik taal en ander mediums om te kommunikeer. Kommunikasie dra boodskappe, gevoelens, erns, ens. oor en kommunikasie groei verhoudinge — van kennis tot vriendskappe en uiteindelik hegte vriendskappe.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/