Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid DaarvanVoorbeeld

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan

DAG 1 VAN 13

Stilte: die krag en noodsaaklikheid daarvan (1)

Prediker 3:7 - "Daar is ’n tyd om te praat en ’n tyd om stil te bly."

Psalm 131:2 – "Ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak" (AF53). (Surely I have stilled and quieted my soul.)

In die moderne wêreld met sy voortdurende geraas, moet die dissipels van die Here Jesus opnuut die dissipline van stilte ontdek. Die antwoord is sekerlik nie om as askete in die woestyn te gaan bly en vir die volgende veertig jaar nie ’n woord te praat nie. Veel eerder is dit vir elke dissipel nodig om gedissiplineerd tyd te maak vir stilte.

Ons het almal ’n kwota stilte nodig. Dit verskil van persoon tot persoon. Een ding is seker: Sonder gereelde en verlengde tye van stilte waar ons op God wag en waar ons stilte toelaat om sy werk in ons te doen, sal ons nie krag hê om staande te bly teen die vloed van woorde wat elke dag soos golwe oor ons breek, die suigkrag van die wêreld en die aanslae van die Bose te trotseer nie. Sonder stilte kan ons nie deurdring tot die dieper dimensies van die geestelike lewe nie en word ons groei tot dieper intimiteit met God verhinder.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan

Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.comv